Van Zyl Slabbert: ’n man met ’n roeping

SUPER VAN

Van Zyl Slabbert: ’n man met ’n roeping

Frederik van Zyl Slabbert was een van die heel beste nasionale leiers wat Suid-Afrika nooit gehad het nie. MAX DU PREEZ skryf oor die wel en wee en die nalatenskap van dié charismatiese figuur na aanleiding van ’n nuwe biografie deur Albert Grundlingh, Slabbert: Man on a Mission

DAAR is breë konsensus (buite die millenniër-ouderdomsgroep) dat Van Zyl Slabbert ’n buitengewoon aantreklike, talentvolle man met ’n vlymskerp analitiese brein en hope charisma was. Met Grundlingh se deeglike biografie kan ons nou, amper 11 jaar na sy dood, besin oor sy werklike plek in ons geskiedenis.

Ek moet uit die staanspoor erken ek vind dit moeilik om objektief oor Slabbert te skryf. Ek het hom ontmoet toe ek nog ’n student op Stellenbosch was (hy was net 11 jaar ouer as ek) en gedurende die 1980’s en 1990’s was hy ’n sterk teenwoordigheid in veral my professionele lewe – hy was byvoorbeeld die voorsitter van die oorspronklike Vrye Weekblad se direksie. (Hy het ook by geleentheid hard gewerk om my uit die tronk te hou.)

Slabbert en sy tweelingsuster, Marcia, se kinderjare was erg ontwrig en hulle het meestal in hulle oupa en ouma se huis grootgeword. Hulle was in drie laerskole voordat hulle na die Hoërskool Pietersburg toe is waar hy hoofseun en sy hoofmeisie geword het. Die jong Slabbert was ’n ywerige Christen...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.