Michael Jordaan: Suid-Afrika se goue seun van innovering

'N MAN VIR OPLOSSINGS

Michael Jordaan: Suid-Afrika se goue seun van innovering

Student op Stellenbosch in die stormagtige laat 1980's. Uitvoerende hoof van Suid-Afrika se oudste bank teen sy middel-30's. Tien jaar later aan die stuur van 'n beleggingsmaatskappy (wat hy sommer self stig). Wynboer. Waagkapitalis. Ewige optimis. ANNELIESE BURGESS gesels met Michael Jordaan.

1989. 'n Stormagtige tyd op die Stellenbosch-kampus met optogte en sitstakings en studentebesoeke aan die ANC in Lusaka. In 'n kelderkamer langs die studentekoerant se kantoor het die bestuur van die Stellenbosse Aktuele Aangeleentheidskring vergader, 'n organisasie wat toe reeds 50 jaar oud was en gesprekvoering op die kampus bevorder het.

Michael Jordaan was deel van die keldergroepie wat daardie jaar vir onder andere Anton Lubowski, Van Zyl Slabbert en Rian Malan (wat toe net sy memoires, My Traitor's Heart, geskryf het) kampus toe genooi het.

Hy was 'n leftie, maar nie 'n rumoerige aktivis soos die res van ons nie. Ek onthou hom vir sy onberispelike maniere en skerp sin vir humour. Stil, maar met onmiskenbare charisma. En slim – soos een van ons gemeenskaplike vriende sê: “slimmer as die hele lot van ons saam"...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.