DIE eerste “musiekfees” waarop ek my bevind het, was tydens Karnavalnaweek in die vroeë 1980’s in Stellenbosch. Die aksie het op die Coetzenburg-sportterrein se hoofveld plaasgevind.
Die verwagte toestroming van duisende Maties het nie gerealiseer nie, want ek onthou maar ’n paar honderd studente met plakkies en PT-broekies en karnaval-hoedjies wat dronkerig probeer saamsing met Wendy Oldfield and The Sweatband. Op hul beurt was die orkes in oorlewingsmodus op die oop verhoog onder die bloedige Bolandse Februarie-son.
“Go, Johnny go, Johnny be good…” het die lenige, sensuele Oldfield die Chuck Berry-liedjie uitgebasuin, terwyl die kitaarheld John Mair se solo’s weergalm deur die omringende berge en dale...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.