AAN die vooraand van die Tweede Wêreldoorlog het Winston Churchill en van sy generaals gevrees dat Londenaars in chaotiese histerie sou verval en in hulle miljoene sou vlug as Duitsland die stad begin bombardeer. Hulle het almal die boek Die Sielkunde van die Massas van die invloedryke Fransman Gustave le Bon gelees. ’n Krisis laat die mens die rug op beskawing draai, het hy geskryf.
Die Britse regering het planne om ondergrondse skuilings vir Londenaars te bou laat vaar omdat hulle geglo het die mense sou só vreesbevange wees dat hulle nie weer bo-gronds sou wou verskyn nie. Verskeie psigiatriese hospitale is toe eerder buite die stad opgerig.
Die bombardering het toe op 7 September 1940 begin – die Blitz. In die daaropvolgende nege maande het meer as 80,000 bomme net op Londen geval, meer as ’n miljoen geboue vernietig en tienduisende lewens geëis...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.