WAS hy ’n Griek of was hy ’n Pool? Of dalk ’n Letlander? Was sy naam Stephanus of Stephanos? En sy van?
Die meeste historici wat van hom kennis geneem het, noem hom Stephanus en meen hy is in Pole gebore. Nigel Penn, ’n voorste kenner van die ou geskiedenis rondom die Gariep, noem hom Stephanos en sê hy is in Griekeland gebore. Maar die 19de-eeuse reisiger William J. Burchell beweer hy is in Koerland gebore, wat nou deel is van Letland, maar inderdaad van die 16de eeu af onder Poolse heerskappy was totdat Rusland in 1795 oorgeneem het.
Daar is egter konsensus onder navorsers dat hy eers aan die Kaap gewoon het nadat die skip waarop hy na die Ooste op pad was, skipbreuk gely het. Sommige sê hy is gevang nadat hy dokumente vervals het, ander dat hy vals munte vervaardig het en in die laat 1790’s ter dood veroordeel is. Almal stem saam dat hy aan niemand aan die noordelike grens gesê het wat sy van was nie. Soos Cher of Maradona was hy net Stephanos. Of Stephanus...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.