Die koei wat aanhou melk gee

MEER KWAAD AS GOED?

Die koei wat aanhou melk gee

Suid-Afrika bestee jaarliks biljoene aan maatskaplike toelaes en hoewel dit miljoene behoeftige burgers help, kan CELESTE CAMPHER nie anders as om te wonder of die ANC besig is om ’n bose kringloop te skep nie. Sy deel haar voorstel waarby die staat én die mense sal baat vind.

DAAR'S 'n storie van 'n boer wat die geheim van die lewe met sy 12-jarige seun gedeel het. “Die geheim," het hy gesê, “is dat die koei nie melk gee nie."

Sy seun was natuurlik uit die veld geslaan omdat hy self al dikwels melk by die koei gaan kry het en hy was doodseker die melk het wel van die koei af gekom. Hy het sy pa dus gevra wat hy met dié stelling bedoel het.

Die boer het die geheim herhaal: “Die koei géé nie melk nie; jý moet die koei melk. Jy moet 04:00 in die oggend opstaan, deur die beesmis na die koei se stal toe stap, 'n stoeltjie kry en langs die koei gaan sit, die koei se stert aan haar been vasmaak en dan aan die spene begin trek. Dís die geheim van die lewe! Die koei gee nie melk nie – jy moet die koei melk, anders gaan jy nie melk hê nie."..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.