Die nuutste wat, waar en hoekom van Covid-19

10 VRAE EN HUL ANTWOORDE

Die nuutste wat, waar en hoekom van Covid-19

Wat sal gebeur indien baie mense nie 'n entstof ontvang nie? Kan die coronavirus weer muteer, en wat beteken dít vir immunisering en die toekoms? Hoe doeltreffend moet 'n entstof wees? ELSABÉ BRITS gee antwoorde op dié en ander vrae.

1. Wat is die implikasies as sommige lande teen einde vanjaar kudde-immuniteit bereik het, maar die virus is nog elders aktief omdat ander lande sukkel met grootskaalse immunisering? 

Selfs 'n land wat sy volle bevolking ingeënt kry, kan weer 'n probleem hê as nuwe variante opduik. Prof. Willem Hanekom, direkteur van die Africa Health Research Institute wat ook die konsortium lei wat die nuwe variante ondersoek, sê: “Geen land is beskerm as die wêreld nie beskerm is nie; dit is wat kudde-immuniteit beteken. Dit is duidelik. Entstof-nasionalisme skiet almal in die voet.”

Hanekom vermoed Covid-19 gaan 'n langtermyn-probleem word. Plaaslike epidemies sal beheer kan word, maar die siekte sal endemies word: “Ons sal elke jaar daarmee te doen kry.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X