Wie en wat is die hoofspelers in dié Ware Lewensdrama?
Eerstens: GameStop, ’n handelaar in videospeletjies wat eens ’n alledaagse gesig in Amerikaanse strip malls was, maar die laaste jare al hoe meer van sy besigheid aan digitale verkope moes afstaan. Die besigheid, wie se aandele op die New Yorkse Effektebeurs genoteer is, het in die jaar vóór die pandemie reeds ’n verlies van byna $500 miljoen gely. Toe kom verlede jaar se inperkings, en baie van GameStop se meer as 5,000 takke kon vir lank glad nie sake doen nie. Die einde was in sig vir dié besigheid wat reeds sedert 1984 bestaan.
Tweedens: Skansfondse (https://www.investopedia.com/terms/h/hedgefund.asp) (“hedge funds”), wat aanvanklik só genoem is omdat hulle die waarde van die aandele in ’n langtermyn-portefeulje beskerm of verskans het deur onder meer die kortverkoop van dieselfde of ander aandele...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.