Die nuwe blasé kan tweede Covid-golf skep

SUPERVERSPREIDING

Die nuwe blasé kan tweede Covid-golf skep

Terwyl 'n tweede Covid-19-golf Europa en Brittanje weer na inperking terugdwing, rinkink talle Suid-Afrikaners skynbaar na hartelus; sosiale geleenthede lyk soos Trump-verkiesingsorgies, saamtrekke gaan voort en voorkomende maatreëls bly agterweë. Maar ook ons kan deur 'n tweede golf getref word, skryf ELSABÉ BRITS.

ONS is heeltemal te blasé oor die coronavirus, sê prof. Francois Venter, adjunkdirekteur van die Instituut vir Reproduktiewe Gesondheid en MIV aan die Universiteit van die Witwatersrand.

“Baie kan nog in die volgende paar maande gebeur. Dit is 'n gevaarlike tyd waarin ons ons nou bevind,” verduidelik Venter. Hy is een van die vier mense wat sowat vyf weke gelede uit dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, se ministeriële advieskomitee oor Covid-19 geskop is. Die ander swaargewigte en mediese leiers in die komitee wat saam met Venter uitgeskop is, is prof. Shabir Madhi, voorste entstofkundige aan die Universiteit van die Witwatersrand; prof. Glenda Gray, navorser en president van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (SAMNR); en dr. Angelique Coetzee, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging.

Dis glo omdat hulle dienste nie meer benodig word nie, maar hulle is ook bekend as dié wat nie stilgebly het nie. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.