Disvanhonderdefokkengoedgelykwildoendat...

SKERMFLERRIE

Disvanhonderdefokkengoedgelykwildoendat niksklaarkomnieenonsniksmeerkanonthounie

Kan jy meer as een taak gelyk doen? Het jy 'n klomp verskillende skerms terselfdertyd oop, elkeen met sy eie ry oop oortjies? En wat is die impak van so 'n ge-multitaak veral op jou geheue en aandagspan? ANNELIZE VISSER kyk na die jongste navorsing.

TEN einde hierdie storie betyds vir dié week se spertyd klaar te kry, moet ek “multitaak”, soos mens blykbaar nou in Afrikaans kan sê.

Hiermee bedoel ek nie dat ek terselfdertyd my oog op die stoof hou waar die aandete aan die prut is nie (dit ook). Dit gaan hier spesifiek oor media-multitaakverrigting, wat beteken dat ek op enige gegewe oomblik my aandag tussen verskeie mediakanale verdeel.

Op my rekenaarskerm is ’n hele paar oortjies oop. By een worstel ek deur ’n studie oor media-multitaakverrigting (MMT) waaruit navorsers nogal ontstellende afleidings maak oor die moontlike impak van MMT op breinfunksie. By nog een wag ek vir ’n e-pos van die teksversorger wat Yotam Ottolenghi se resepte vir dié uitgawe nagaan. Sodra ek dié e-pos ontvang, gaan ek gou my leeswerk onderbreek om die resepte en foto’s in die stelsel te laai sodat ek nie die produksie van die uitgawe vertraag nie. Wanneer ek ’n blaaskans vat, soek ek krane en wasbakke vir die nuwe badkamer...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.