Covid: 11 vrae en 11 antwoorde

WEET WAT AANGAAN

Covid: 11 vrae en 11 antwoorde

Het jy vrae oor Covid-19 maar weet nie wie om te vra nie, en waar om vir die antwoorde te soek nie? Vrye Weekblad het 11 sulke vrae opgestel, en ELSABÉ BRITS het vir die antwoorde gaan delf. Soos: Gaan Suid-Afrika van die entstowwe bekom? Hoekom moet van die entstowwe so koud gehou word? Kan ons nog die regering glo?

1. Die minister van gesondheid sê ons beleef nie ’n tweede golf nie, maar kom dit dalk nog?

ONS sal beslis 'n tweede golf hê, maar wanneer, waar en hoe groot is onseker, sê dr. Jantjie Taljaard, 'n kenner in oordraagbare siektes aan die Universiteit Stellenbosch se fakulteit geneeskunde en gesondheidswetenskappe. Hy het vroeër ook gesê daar is nie 'n rede hoekom Suid-Afrika anders as Europa sal wees nie, en dat sy persoonlike mening is dat ons meer gevalle kan verwag.

Prof. Alex Welte, 'n kenner in toegepaste wiskunde aan die Universiteit Stellenbosch wat ook epidemiologiese navorsing doen, sê daar is 'n mate van “speel met woorde betrokke, sodat dinge nie so erg lyk as wat dit is nie”. Suid-Afrika het 'n nasionale piek, sê nou maar 'n eerste golf, gehad, toe neem die syfers af  en bereik 'n tipe plato, en nou styg dit weer op plekke...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.