Karen Zoid | Ere-professor van Afrikaanse rock

AFRIKANERS IS PLESIERIG

Karen Zoid | Ere-professor van Afrikaanse rock

Al kon sy vanweë die inperking nie haar 20 jaar as Afrikaanse rock-koningin met ’n reeks groot konserte gedenk nie, is die Republiek van Zoid Afrika danksy die pandemie ’n wyer land, vertel Karen Zoid vir ANNELIZE VISSER.

PHILADELPHIA (bevolking 570*) is ’n klein dorpie sowat 30 km suidwes van Malmesbury. So klein dat die enigste winkel op die dorp tydens grendeltyd toegemaak het. As jy nou iets wil koop, moet jy maar daar gaan klop, dalk maak iemand oop.

Ek hoef nie, want ek en Madelein Roets ken mekaar van Kokkedoor se dae af, en sy het ’n gesellige eetplek op die dorp. Ek val in by De Malle Meul in die hoofstraat, nie vir koffie nie, maar op soek na ’n notaboek.

Van die twee stukke basiese toerusting wat mens tydens ’n onderhoud nodig het, het ek darem voor ek uit die Kaap weg is ’n pen in my baadjiesak gedruk, en op pad hierheen het ek 20 jaar van nié na Karen Zoid luister nie, probeer uitwis terwyl ek deur plase ry waar hooibale op die lande aankondig dat die oes pas afgeloop het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.