Applous vir die kwarantynkonsert

BRAVO! ENCORE!

Applous vir die kwarantynkonsert

‘Ons en die haarkappers is van die laaste mense wat uit lockdown gaan kom,’ sê Karen Zoid, een van talle kunstenaars wat tydens inperking aanlyn konsert hou om kop bo water te hou. MADELEINE BARNARD vind uit wat dit deesdae verg om die show aan die gang te hou.

DAAR is min dinge soos die gevoel van afwagting voor ’n lewende optrede. Die mense skuifel in die rye in, kry hulle sit. ’n Orkes stem instrumente. Die teaterligte verdof. Daar is ’n magiese oomblik van stilte en donker – dalk die tik van ’n dirigent se stokkie op ’n musiekstaander – voor die gordyn ooptrek, en die verhoogligte wat die son laat opkom oor ’n totaal ander wêreld.

Nou bly die gordyne dig toe en die teatersitplekke is leeg. Die verhoogkunstenaars bly saam met die res van die wêreld tuis. En bekommer hulle oor die toekoms, want van die baie bedrywe waarvoor die toekoms moeilik lyk, is die uitvoerende kunste een van die kwesbaarstes.

Die dans-agent, choreograaf en kostuummaker Didi Moses het trane in haar stem toe sy met my praat. Sy het ’n rowwe dag agter die rug – sy het ’n projek via sosiale media van stapel gestuur wat geld insamel vir uitvoerende kunstenaars wat swaartrek. Die stories wat inkom, laat haar sprakeloos...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.