(Skoon)pappa is ’n Rolling Stone

VERF DIT WIT

(Skoon)pappa is ’n Rolling Stone

Die Kaapse filmmaker Jacques Naudé is enkele maande ná sy rock n roll-troue met die Amerikaanse model Alexandra Richards in inperking saam met sy skoonfamilie. Enigiemand anders sou dalk geïntimideer wees, maar Jacques braai lustig saam met skoonpa – en mik self vir 'n Oscar. SONNETTE LOMBAARD gesels langafstand met Jacques.

  • 15 Mei 2020
  • Mense & Kultuur
  • 6 min om te lees
  • artikel 19 van 24
  • Sonnette Lombaard

DIT kán nogal vreesaanjaend wees om kort ná jou huwelik ingeperk te wees saam met jou nuwe skoonouers, erken die visuele kunstenaar en filmmaker Jacques Naudé in 'n WhatsApp-gesprek vanuit Connecticut aan die ooskus van Amerika.

Maar nie vir hom nie. Eintlik, sê die Kapenaar met die Afrikaanse naam en wortels, is hy baie gelukkig. Dit is heel prettig saam met sy skoonouers. Hulle speel speletjies, dans, lees en kook. En “braai dat die byle huil”.

Op dié punt noem hy nie dat sy skoonma 'n Amerikaanse supermodel – een van dié gesigte van die 1970's en 1980's – is nie. En dat die nuwe skoonpa saam met wie hy ingeperk is, 'n rock-god is nie. 'n Man só bekend oor die wêreld heen dat sy gerimpelde gesig 'n meme is oor die corona-krisis, nes dit as 'n meme vir haas elke geleentheid gebruik word. 'n Kitaarkoning. 'n Legende, sonder om die woord ligtelik te gebruik, eens bekend vir sy woeste lewenstyl van dwelms en vroue en dae sonder slaap. (Ja, volgens sy biografie hét hy sy pa se as gesnuif, maar nee, die storie oor die sjokoladestafie en Marianne Faithful en Mick Jagger is nie waar nie, hoewel daar wel dwelmaanklagte was). ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.