Stories is essensieel, veral in vlak 4

DEUR 'N SEPIE INGESLUK

Stories is essensieel, veral in vlak 4

Die werklikheid is ’n groteske telenovelle, skryf DEBORAH STEINMAIR. Dit wemel van oorlekkers, aspiriensmouse, rotplae en bloedskande.

TOE ek klein was, was ek en my ouma se ore namiddae klokslag teen die draadloos vir Springbokradio se stories. Wanneer die temalied aan die einde van die aflewering wegsterf, bespreek ons die karakters asof ons oor ou vriende praat: Wat op aarde sou die stomme Mitzi nou weer besiel het ... Ai, die Gerhard Steenkamp is darem vir jou ’n hardkoppige man ... Nou gaan die verdekselse rooikop natuurlik weer konkel.

Toe kom TV. Toe my oudste drie jaar oud was, kyk ek en sy in die agtermiddae Days of Our Lives. Sy is vasgenael en ken elke kinkel en karakter. Eendag gaan maak ek koffie. Toe ek terugkom, deel sy my uitasem mee: “Mamma, Mamma, Marlena vryf nou nie meer met John Black nie, sy vryf nou weer met haar eie man!”

Die waarheid is: Ons is eensaam. Lank voor die inperking reeds. Ons benodig vriende om in te glo, maters wat daagliks in ons sitkamer kuier en begin gesels waar hulle gister opgehou het. My ma was vroeër te besig vir telenovelles, maar sit nou vasgenael: “Buite in die strate, bars jakarandas uit hul nate."..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.