SOMS skakel ’n mens jou radio uit noodsaak af as ’n enkele radiostasie al is wat jy op ’n grondpad in die Karoo kan opvang. Met my gebeur dit soms as die lied oor die draadloos só geyk en resepmatig is dat die diesel in my tenk karamelliseer en die enjin in ’n soetsappige bredie tot stilstand prut. Bel die AA! Ek’s iewers op die Komsbergpas tussen Sutherland en Merweville, slagoffer van sentimentaliteit op note!
So, ons weet daar’s ’n ewigdurende klankbiblioteek van swak Afrikaanse liefdesballades. Ons hoef dit egter nie persoonlik op te neem nie, want dis ook die geval met elke ander taal se musiekskat.
Miskien moet ’n mens op ’n ander plek begin. Eerder as om te wonder oor swak liefdesballades as universele stapelvoer van populêre kultuur, hoekom nie dink aan liefdesballades wat ’n mens steeds diep raak ná jare se luister daarna nie? Wat sou ’n mens nou insluit as jy ’n play list van goeie Afrikaanse liefdesballades moes saamstel? Want daar’s min dinge vir my so mooi soos ’n liefdesballade met diepte, een sonder klinkklare antwoorde, wat ’n mens oor die liefde en jouself laat wonder, of wat ’n tipe atmosfeer op intieme wyse vasvang...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.