Thabo, Flip en Kie: ’n poëtiese gedagte en baie landmyne

KAN SA BAAT VIND?

Thabo, Flip en Kie: ’n poëtiese gedagte en baie landmyne

Die Afrikaner-Afrika Inisiatief (AAI) waarby Afrikanerorganisasies en die Thabo Mbeki Stigting betrokke is, stig nou 'n sekretariaat met 'n begroting en 'n plan van aksie om 'n reeks projekte aan te pak. Maar die organiseerders aan albei kante sal baie fyntjies tussen vele landmyne deur moet navigeer, skryf MAX DU PREEZ. Hy reageer ook kortliks op Flip Buys van Solidariteit se reaksie in dié uitgawe op verlede week se artikel oor die inisiatief.

MET die eerste oogopslag lyk dit na 'n uitstekende idee wat alle regdenkende Suid-Afrikaners behoort te verwelkom en aanmoedig.

Die staat sukkel erg, misluk selfs op vele terreine. Dienste en administrasie stort ineen terwyl armoede, werkloosheid en polarisasie toeneem. 'n Ommekeer is nie op die horison sigbaar nie en die regerende party is verlam en verrot.

Daar is burgers met gespesialiseerde kennis, hope energie, 'n sterk werksetiek, bewese prestasie en heelwat ervaring wat kan inspring en 'n wesenlike verskil kan maak – in hulle eie én in die breër belang. Dit is juis dié mense wat gemarginaliseerd en bedreigd voel, so om hulle deel van die oplossing te maak, kan 'n dubbele voordeel hê...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.