‘Maxiste moet konserwatief word om SA te red’

NASIEBOU OF STAATSBOU

‘Maxiste moet konserwatief word om SA te red’

Max du Preez het in Vrye Weekblad gevra of die Solidariteit Beweging dalk beoog om ’n nuwe soort afsonderlikheid op die puin van die struikelende demokrasie te bou eerder as om nierassigheid en die gemeenskaplike waardes en drome van alle Suid-Afrikaners te koester. FLIP BUYS, voorsitter van die Solidariteit Beweging, antwoord op Max se roepstem.

  • 19 Maart 2021
  • Vrye Denker
  • 12 min om te lees
  • artikel 4 van 31
  • Flip Buys

DIE Britse denker Roger Scruton het gekla dat mense wat van mekaar verskil “nie net dink dat hulle gespreksgenoot verkeerd is nie, maar dat hy of sy boos is”. In die Suid-Afrikaanse konteks glo Max du Preez (https://www.vryeweekblad.com/menings-en-debat/2021-03-11-polarisasie-en-n-mislukkende-staat-is-water-op-solidariteit-se-meul/) skynbaar dat ons nie net verkeerd is om te dink dat kultuur en gemeenskap ’n onmisbare rol kan speel om die land ’n beter plek te maak nie. Nee, ons word boonop van ’n bose agenda verdink om apartheid te laat herleef.

Apartheid en die rassekaart is die laaste troefkaart wat teen ’n Afrikanerorganisasie gespeel kan word as al die ander kaarte gebruik is. Daarom wil ek ’n ander beweegrede vir die Solidariteit Beweging se “ons wil saam bou”-strategie voorhou: ’n eerlike poging om in wedersydse belang met ons landgenote saam te werk om te probeer keer dat hierdie “wye en droewe” en wonderlike land op ons almal se koppe inplof. Soos die Skotte, Koerde en Vlaminge het ons veelvuldige identiteite. Ons is Afrikaners, Afrikane, Suid-Afrikaners en Afrikaanssprekendes.

Dit lyk of enige poging om Afrikaners se regmatige regte en belange terselfdertyd te beskerm, ’n koortjie van rasse-roubeklaers weer laat hoog insit. Om die ekonomiese filosoof Adam Smith (in ’n ander konteks) aan te haal is die beste manier om die algemene belang te dien, juis om mense ruimte vir eie belang te gun. Wanneer mense hul eie belange mag dien, is hulle nie selfsugtig nie, het Smith gesê. “Dit is dan asof ’n onsigbare hand die algemene belang ten beste dien, selfs beter as iemand wat nét die algemene belang probeer dien”...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.