POLITIEKE NOTABOEK | SAUK: Snuki en Hlaudi se kierankies braai

DIÉ WEEK IN DIE NUUS

POLITIEKE NOTABOEK | SAUK: Snuki en Hlaudi se kierankies braai

MAX DU PREEZ skryf oor die nimmereindigende dramas by Antie SAUK, ’n SAUK-joernalis wat eis dat die ANC die wet moet breek en ingryp, en oor sensitiwiteit teenoor swart leerlinge en studente by oorwegend wit skole en universiteite.

NATUURLIK is afleggings by die SAUK noodsaaklik om die korporasie se berg skuld te begin afbetaal en te keer dat dit langer aan belastingbetalergeld vreet wat beter aangewend kan word.

Maar jy reik nie sommer ’n edik uit wat aan byvoorbeeld ’n radiostasie sê jy moet dié en daai mense in die pad steek nie. Jy gaan na die stasie se bestuur toe en sê ons verwag julle moet soveel geld bespaar, so besluit julle hoe dit gedoen moet word en die minste ontwrigting veroorsaak.

Dit sal ’n ramp wees as die besnoeiings by die uitsaaier die gehalte van RSG en ander radiostasies in inheemse tale só gaan kniehalter dat dit nie meer die rol kan speel wat dit vandag doen nie. Baie miljoene Suid-Afrikaners is van radio afhanklik, nie net vir nuus, menings en ontleding nie, maar vir kulturele verryking...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.