EK het so ’n maand of twee gelede die gerug gehoor Solidariteit en van sy geesgenote beplan ’n soort “Dakar-inisiatief”, ’n uitreiking van die hand na die ANC-leierskap. Soos met die aanvanklike Dakar-beraad in Senegal in 1987 sou Thabo Mbeki weer ’n rol speel, was die skinder.
Watter verspottigheid, was my eerste reaksie. Dit was mense soos Buys en AfriForum se Kallie Kriel en Ernst Roets wat ons Dakar-gangers van destyds as verraaiers en meelopers uitgekryt het.
Mbeki het die Dakar-gangers van 1987 die “Nuwe Voortrekkers” genoem. Wat sou hy Buys se span noem? Buys is nou nie juis ’n reïnkarnasie van Van Zyl Slabbert nie. En die Mbeki wat hom destyds aan ons voorgestel het as “My name is Thabo Mbeki. I am an Afrikaner” het in 1990 al gesneuwel...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.