Oral fladder vlindervlerke

NIKS IS LINIÊR NIE

Oral fladder vlindervlerke

Almal het teen dié tyd gehoor van kwantummeganika en weet dat elkeen van ons waarskynlik op elke gegewe oomblik in 'n parallelle universum 'n ander besluit as in hierdie een neem en 'n ander scenario uitleef. Tegelyk. Goed en wel. Maar hoe wys jy dit in prosa, wil DEBORAH STEINMAIR weet.

KAN die gefladder van skoenlappervlerke 'n tifoon veroorsaak? In beginsel, ja. Onbeduidende gebeurtenisse kan 'n nie-liniêre impak op 'n ingewikkelde stelsel hê.

Soms slaan jy jouself teen die kant van die kop en dink: As ek maar net vyf minute later weggetrek het, as ek net uitgeasem het toe die virus verbysweef ...

Daar is 'n grappie wat op Facebook die ronde doen: 'n Man vertel 'n onbekende vrou het vir hom gewaai. Toe hy terugwuif, besef hy dit was nie vir hom wat sy gewaai het nie. Om sy waardigheid te herwin hou hy toe maar sy hand roerloos in die lug. Op dié manier ontbied hy per ongeluk 'n taxi wat hom lughawe toe neem en die uiteinde van die saak is dat hy nou 'n nuwe lewe lei, in Pole...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.