Laat die skeppendes heers

METAFORIES

Laat die skeppendes heers

Aan die einde van haar geduld met 'n skip van gekke kondig DEBORAH STEINMAIR 'n kabinetskommeling aan waarin skrywers, digters, akteurs en sangers oor die wêreld heers. 'n Oog vir 'n metafoor kan net nuttig wees in die staatsbelang.

DIS nie 'n nuwe idee nie, dié dat kunstenaars eintlik die wêreld moet regeer. Hulle bring ten minste iets tot stand. Hulle is kreatief en vindingryk en maak altyd 'n plan. Hulle is soepel denkers wat inspring en dóén. Hulle slyp lewenslank aan hul vaardigheid. Kunstenaars is verbasend prakties. Hierdie eienskappe sou goud werd wees in die bestuur van die samelewing.

Watter kreatiewe siele sou hier by ons die skip kon stuur, het ek gewonder.

Ek kies Ronelda Kamfer as president. Sy beïndruk my mateloos as coloured vrou met 'n vuil kyk. Sy het 'n moerige oog en lyk boonop altyd effens vaak en verveeld. Ek kry die gevoel sy gaan nie kak van kabouters duld nie. 'n Oog vir 'n metafoor kan net nuttig wees in die staatsbelang. Haar state of the nation-toespraak sal almal oprui. Sy sal die patriargie se tjank aftrap...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.