IS ONS POLITIEKE STELSEL VOLDOENDE VIR DIE TOEKOMS BEVEILIG?
Ramaphosa het blootgelê presies wat met die ANC fout is
Pres. Cyril Ramaphosa se getuienis voor die Zondo-kommissie het ’n kernprobleem in die huidige Suid-Afrikaanse politiek onthul: Dis onmoontlik om ’n party te lei wat deur en deur korrup is én jouself van daardie party se ergste elemente te distansieer, skryf LINDIWE MAZIBUKO.

Deel
EK stem nie saam met die kenners wat redeneer dat pres. Cyril Ramaphosa se getuienis verlede week voor die Zondo-kommissie vervelig was (hoekom moet dit vermaaklik of onderhoudend wees?) of geen spesifieke besonderhede opgelewer het nie.
Ek het dit trouens absoluut fassinerend en diep onthullend gevind in die mate waarin die ANC se interne institusionele reëlings met die mees basiese beginsels van konstitusionele demokrasie bots – so erg dat dit dikwels die pogings van die beste persone in die party se rangorde belemmer om uitnemendheid in die regering te lewer en die organisasie én sy benadering tot bestuur in Suid-Afrika te hervorm.
Ramaphosa se getuienis was simbolies van die eksistensiële probleem in die kern van Suid-Afrikaanse politiek onder die huidige stelsel en die huidige regerende party: Dit is onmoontlik om ’n party te lei wat verlam is deur sistemiese korrupsie én jouself van daardie party se ergste elemente te distansieer. ’n Mens kan dus nie tegelykertyd ’n magtige ANC-president én ’n doeltreffende Suid-Afrikaanse president wees nie, want die twee rolle is wesenlik teenstrydig...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikel