Comrade Billy en die Rolling Stones

VAN POLITIKUS NA VERSAMELAAR

Comrade Billy en die Rolling Stones

Hy hou daarvan om ‘goed’ bymekaar te maak – soos 'n passasiersvliegtuig, 'n helikopter, 'n treintrok, Donald Duck op 'n houtstellasie, en meer as 650 motorfietse. In Billy Nel se parallelle wêreld is alles van militêre uniforms tot vlae, Boeddha-beelde tot rugbytruie, van mynlampe tot orrels. ANNELIESE BURGESS het die skouspel – 10 skure vol – in die middel van nêrens eerstehands gaan beleef.

DIE pad Keimond toe is mooi, maar onmerkwaardig – grasveld en koeie, hier en daar ’n plaashuis of ’n wildevyboom. Mens kan die see al ruik wanneer die wit passasiersvliegtuig soos in ’n koorsdroom in die verte sigbaar word. “Eish" Airlines in groot, rooi letters op die romp geverf. Reg om op te styg.

Met die naderkom wink ander kleiner vliegtuigies deur die doringbome ... en dan ’n lykswa en ’n polisiekar, ’n rooi karavaan en ’n yslike Donald Duck op ’n houtstellasie! Die geleidelike draai in die pad krul om ander fantastieshede – ’n hobbit-agtige boomhuis met vlae, ’n treintrok met motorfietse op die dak en ’n groot boom met enjinkappe soos Kersversierings in die takke.

Dan, net so vinnig, is die hersenskim weg. Jou brein pas weer aan by die grys teerpad. Alles is soos dit hoort. Die neus van jou kar stoot kus toe...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.