Omhels jou innerlike Ier

GROEN BLOED

Omhels jou innerlike Ier

Iere is poëties en begogelende storievertellers, skryf DEBORAH STEINMAIR. Sy vertel meer oor The Hoarder, deur Jess Kidd, 'n boek wat sy moeilik vind om neer te sit: Dis soos Dickens, Wilde en Kingsley Amis saamgeklits.

MY bloed is groen. As ek ooit ’n wiegelied wou hê, was dit William Butler Yeats se “Stolen Child”:

Where dips the rocky highland
Of Sleuth Wood in the lake,
There lies a leafy island
Where flapping herons wake
The drowsy water rats;
There we’ve hid our faery vats,
Full of berries
And of reddest stolen cherries.

Toe ek jonk was, het ek ’n kasset gehad waarop die aktrise Siobhan McKenna Yeats se gedigte voorlees. Ek onthou haar donker, fluweelsagte stem in die nanag, die musikaliteit van haar Ierse aksent en Yeats se gedigte wat soms groot en monumentaal en soms speels en bedrieglik lig is...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.