VERSTOMMEND WONDERLIK
’n Winternag met die nuwe Winterbach
Na 'n storielyn soek jy vergeefs in hierdie boek met sy mooi rooi omslag, skryf DEBORAH STEINMAIR oor Ingrid Winterbach se nuwe boek, Voorouer. Pelgrim. Berg. Daar is vele voetpaaie na nêrens, maar dis ongelooflik onderhoudend en wemel van blink goed – 'n soort besielde gestotter vol tekstuur, resonansie, pols, vibrasie en skryning.
VERSTOMMEND WONDERLIK
’n Winternag met die nuwe Winterbach
Na 'n storielyn soek jy vergeefs in hierdie boek met sy mooi rooi omslag, skryf DEBORAH STEINMAIR oor Ingrid Winterbach se nuwe boek, Voorouer. Pelgrim. Berg. Daar is vele voetpaaie na nêrens, maar dis ongelooflik onderhoudend en wemel van blink goed – 'n soort besielde gestotter vol tekstuur, resonansie, pols, vibrasie en skryning.
Deel
HIERDIE is nie 'n resensie nie. Laat ek my ware kleure verklap: Ek is 'n Winterbach-fangirl. Ek sou in 'n wêreld wou leef waar lesers heelnag toustaan om haar jongste boek te koop.
Voorouer. Pelgrim. Berg is nie 'n roman nie. Ook nie 'n novelle, essays of kortverhale nie. Ek is nie seker wat dit is nie, behalwe miskien 'n baie lang brief aan die berg of aan haar man. Dit het my vir 'n groot deel van 'n winternag wakker gehou, hierdie padkaart van haar besige kop.
Katerina Steenkamp se lewe word met menige afdraaipaadjie en vele karakters verhaal. Sy was 'n dosent in die morfologie van Afrikaans, maar sonder die hartstog om kennis oor te dra. Nou is sy 'n prulskrywer. Die wraakroman waarmee sy besig is, wil maar nie vlot nie. Soos ons almal wil sy eintlik 'n ander soort boek skryf; 'n visioenêre roman sonder resep, maar met Lustmord (die wellustige uitmekaarskeur van die liggaam wanneer gemoor word), skilderye met bloedige temas en vampiere. 'n Roman van oorvloed, far-out, ongebonde en onbelemmer...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelDeborah Steinmair
BoekeredakteurDeborah Steinmair is ’n bekroonde skrywer en onversadigbare leser. Sy was al twee keer die Rapport-kykNET-boekresensent van die jaar.