Kook & Verdriet

MY ERFENIS IS VIR MY MOOI

Kook & Verdriet

Een van die land se oudste eetplekke, die Pizzeria Napolitana in Seepunt, het ná 64 jaar sy deure gesluit. Die ou Ritz Plaza-hotel met sy draairestaurant is al vir 'n paar jaar tot niet. HERMAN LATEGAN buig die knie en bring hulde aan dié wat weg is en die paar wat nog blymoedig staan.

TOE ek verby die Pizzeria Napolitana in Seepunt se hoofweg stap en deur die venster staar, verstar ek. Die plek is toe.

Binne was hulle besig om alles op te kap. Die stoele is weg, die tafels. Die kleurryke oorspronklike mosaïekteëls wat die toonbank verfraai het, het op die uitkappers gewag.

'n Groot muurskildery van 'n Italiaanse kusdorp was steeds daar, maar spoedig sou 'n nuwe laag verf dit ook vernietig. Die gebrandskilderde glas het reeds in skerwe op die vloer gelê...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.