Tatta vir die trein na Springfontein

AFSKEID EN VERTREK

Tatta vir die trein na Springfontein

Tien jaar lank het HERMAN LATEGAN óf die Greyhound-bus óf die Queenstown-trein na Springfontein in die Vrystaat een keer per jaar geneem. Greyhound het hom uit die land onttrek. Buiten sekere fees- en vakansiedae is die Shosholoza Meyl se Queenstown-roete vanaf Kaapstad al vir ’n geruime tyd meestal gestaak. Hy kyk terug met 'n titsel wrewel, maar veral met heimwee.

1

OM by die Kaapse stasie in te loop is nie 'n hierjy-affêre nie, dit is opwindend. Mense wat vinnig loop, want 'n voorstedelike trein vertrek binnekort. Die klank van skoene, klik-klak, klik- klak. Kosreuke. Koffie. Diesel. Iemand maak 'n aankondiging op die luidsprekers. Die stem weergalm en bons op die groot blink vloere.

'n Enorme vet trein kom van ver stadig, statig, wiegend die stasie binne met 'n gevoel van drama: Hier kom 'n groot meneer, die sinjaal fluit, binne is daar mense met nuwe stories.  Hulle het ver gereis, oor verlate landskappe heen, deur donker tonnels van die nag en hier is hulle nou. Op die perron wag familie en vriende...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.