Eersteklas-kaartjie na die vagevuur

REIS

Eersteklas-kaartjie na die vagevuur

Noudat dit lente is en ons vlerke steeds geknip, lyk 'n oorsese vakansie nog aanlokliker as tevore. Laat HERMAN LATEGAN jou herinner dat nie alle reise ewe voorspoedig verloop nie. Hy onthou veral een wat aan Dante Alighieri se antieke epos, ‘La Divina Commedia’ (Die Goddelike Komedie) herinner: 'n Titsel ‘Inferno’ (Hel), 'n bietjie ‘Purgatorio’ (Vagevuur) en perdalks 'n stukkie ‘Paradiso’ (Paradys).

AANGESIEN ek hier bo na 'n Italiaanse digter verwys, is dit geleë om herinneringe aan 'n besoek aan dié land af te stof. 'n Paar jaar gelede word 'n vriend van Sydney wat eers in Kaapstad gewoon het 50, hoeka vroeg September.

Ons maat het oënskynlik goed geld gemaak in die dekade wat hy in Australië as argitek gewerk het, want hy nooi vier van ons uit Kaapstad na sy makietie in Italië. Hy sou vir alle vliegtuigkaartjies en verblyf betaal. Ons moes net sakgeld saambring. Daar sou 20 gaste wees, meestal van sy nuwe vriende uit Australië wat hy aan ons wou voorstel.

Vir ons as kerkmuise was dit asof hy vir ons in die plek van ons daaglikse cheddar, romerige mascarpone, sagte mozzarella en pikante parmigiano reggiano pasella aangebied het ...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.