Seepunt, jou karnallie

NET AS DIE WIND WAAI

Seepunt, jou karnallie

Seepunt was nog altyd ’n toevlugsoord vir randeiers en gekneusdes. HERMAN LATEGAN onthou dae wat in sy geheue goud geword het, en wat hom nooit sal verlaat nie.

DIT IS om en by 1970. Die agtergrondmusiek is Julio Iglesias, Nana Mouskouri, en later Herbie en Spence en Groep Twee. Volkswagen Kewers en Valiants is op die paaie. Klokbroeke en lawalampe is oulik en oral. Daar is nie TV nie. John Vorster se rooi gesig is oral in die koerante en sy predikantstem op die radio.  

Apartheid is in volle gang, maar tog is daar iets kosmopolitaans aan dié plek.

In Seepunt is die kos eksoties: Italiaans, Chinees, Grieks en Oostenryks. Die Grieke is die wildste; elke naweek is daar gebreekte wit borde op die sypaadjies. Die name is Pizzeria Napolitana en La Perla (albei nog daar), Sloppy Sam, Tollies (Grieks), Dragon Inn (Chinees) en natuurlik die Top of the Ritz met sy draairestaurant op die 22ste vloer...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.