Bangmaakstories oor base uit die hel

BOELIEBASE

Bangmaakstories oor base uit die hel

Elke mens het minstens een storie van ’n baas wat hul lewens louter hel gemaak het. Daar is selfs onlangs ’n dokterstesis in die sielkunde daaroor geskryf wat bevind dat ’n boeliebaas nie net jou werkslewe omkrap nie, maar selfs jou gesondheid en jou gesinslewe kan benadeel. MADELEINE BARNARD het ’n paar oorlewendes van boeliebase oor hulle ondervindings uitgevra.

HULLE het baie name. Die baas. Die groot kokkedoor. Die big kahuna. In die moderne werkplek is die nare werklikheid van die korporatiewe pik-orde die feit dat daar altyd iemand is wat bo jou aangestel is, en wie se goedkeuring jy en jou werk moet verdien. En as jy boonop sit met ’n baas uit die hel, kan dit jou lewe in ’n nagmerrie verander.

Boeliebase het so ’n afbrekende uitwerking op hul werknemers dat daar onlangs ’n doktersverhandeling in sielkunde oor hul negatiewe impak op mense se geestesgesondheid geskryf is. Volgens dié studie voel mense wat in so ’n toksiese omgewing vasgevang is magteloos en vreesbevange. Hulle sukkel met konsentrasie en begin twyfel aan hulle eie vermoëns en vaardighede waarop hulle voorheen trots was.

Buite die werk hou hulle op om goed te doen wat hulle in die verlede geniet het, ontwikkel negatiewe gewoontes soos om te ooreet of soek ontvlugting in geloof, en party begin selfs om die boeliebaas se gedrag in hulle eie verhoudings te weerspieël.    ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.