Hemelbesem: Dit is die Afrikaans wie ek is

KLETS IN RYM

Hemelbesem: Dit is die Afrikaans wie ek is

Hemelbesem is een van Suid-Afrika se mees bekroonde en veelsydige kreatiewe geeste. Hy rap, hy sing, hy skryf, hy maak toneel, hy doen gemeenskapswerk. MADELEINE BARNARD, wat self nou en dan ’n rapper-pet opsit, het met hom gesels (soms in rymvorm) oor sy werk en lewe, en hoe sy vryheidsvegter-voorvader, Hendrik Witbooi, se inspirasie hom steeds aanvuur.

EK en Hemelbesem het een baie sterk ding gemeen: Ons lewe vir die ontmoeting tussen ritme, musiek en woorde. Maar interessant genoeg is die eerste raakpunt tussen hom en my nie musiek nie, maar ’n portret van ’n meesal vergete Suid-Afrikaanse vryheidsvegter, die Nama-leier Hendrik Witbooi (Gaob !Nanseb).

Witbooi was kaptein van die Khowesin en is in Pella in die Noord-Kaap gebore. Hy was een van Namibië se grootste vryheidsvegters en het in die laat 19de eeu teen Duitse koloniale magte in opstand gekom. In 1905 sterf hy aan wonde ná ’n skermutseling by Vaalgras. Witbooi was ook bekend as Die Gesel van God.

“Hendrik Witbooi was my oupa se oupa se pa,” vertel Hemelbesem, self ’n trotse Nama en gedoop Simon Witbooi. Een van sy bekende songs is juis ter ere van hierdie voorvader van hom. “Witbooi! Witbooi! Witbooi! Witbooi! Witbooi! Witbooi! Witbooi! Witbooi!” weerklink die koor op my slimfoon...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.