‘Dol heuning’ is ’n boek vol eksotiese spyse

HALLUSINOGEEN

‘Dol heuning’ is ’n boek vol eksotiese spyse

S.J. Naudé se nuwe boek met kortverhale het haar kop gedraai, skryf DEBORAH STEINMAIR. Dis 'n onderbeklemtoonde meesterstuk.

DIE omslag van S.J. Naudé se nuwe boek, Dol heuning, is 'n kunswerk deur David Wightman – ysblou sneeubedekte pieke teen 'n oranje lug, blou rotse in 'n rooi meer. Dit herinner my aan 'n Lantern (“tydskrif vir kennis en kultuur”) op ons koffietafel toe ek klein was. Daardie spesifieke uitgawe was gewy aan Japan en dit het my kop lewenslank oos laat draai.

Die boek het ook my kop gedraai. Die verhale speel in onherbergsame streke af – onder vriespunt, waar noorderligte flits, donker poele vol fosforpalings, die wye woestyn, sneeubedekte hange waar yswinde loei, 'n ou chateau wat oor 'n afgrond hang. Alles van belang gebeur ondergronds, onsigbaar. En geen landskap is so ver en woes geleë soos die karakters se binneruimtes nie.

Die fokaliseerders is meestal manlik en hulle versmelt min of meer – dis nie 'n swakheid nie, eerder 'n bindingselement: Dis asof die leser tyd verwyl in dieselfde man se kop, asof die hoofkarakter telkens verwring, verbrokkel en hergroepeer soos 'n kaleidoskooppatroon, met nuwe gegewe, teen 'n nuwe doek. Dis 'n vloeibare man, seksueel en andersins, moeilik definieerbaar, opreggeteel, hoogs intelligent, nerveus, fynbesnaard, edelgestreng, geleerd en geteister deur eerstewêreldprobleme – wat ten slotte nie minder geldig as basiese oorlewingsprobleme is nie..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.