Die Leonardo da Vinci van Ravensmead

‘KUNS IS GEDULDIG'

Die Leonardo da Vinci van Ravensmead

ANASTASIA DE VRIES het Oscar Linnert loop opsoek nadat sy 'n onderhoud met hom oor die radio gehoor het. Dié kunstenaar het nie veel formele opleiding nie, maar het selfs al in opdragwerk vir Madiba verewig. Hy teken nou nog dit waarvoor hy nie woorde het nie, sê hy. ‘Want kuns is eerliker. Eerlik. Woorde is bedrieglik. Maar ’n mens se gesig, jou mond, jou oë kan nie lieg nie. Mens moet net dieper kyk, dan sal jy sien.’

OP ’n esel in sy oprit is ’n skildery van ’n vrou, sag die rondinge van haar lyf in ’n vloeiende wit gewaad, die lyne van haar profiel beeldskoon. Jy vermoed daar is vuur in haar weggekeerde oë, geweld in haar hand geklem om ’n swaard, die growwe swart stewels aan haar voete. Dis ’n opdragwerk, sê hy. Die vegtende vrou.

Sommige noem hom die “Leonardo da Vinci van Ravensmead”; vir die meeste mense in die Polony-skiem, soos hulle dié buurt in Ravensmead noem, is hy gewoon Oscar, Oscar Linnert. Ek het hom loop opsoek ná ek ’n onderhoud met hom oor die radio gehoor het. Ek het geweet van hom, maar nie dat hy ’n kunstenaar is nie.

Wie weet wat aangaan wanneer hy daai hoë vaal hekke agter hom toetrek, lag hy, palet in die een hand, kwas in die ander, dans-dans voor ’n skilderdoek op die maat van kloppende musiek. Lekke jaat music, sê hy. Dis al wat die skree in sy lyf kan uitdoof...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.