Die klank van lag

DUIWELSADVOKAAT

Die klank van lag

Sy lê op haar kooi en lag vir haarself. En sy dink sy het amper nie die klank van haar eie lag herken nie. Sy het vergeet hoe om só te lag, hoe maklik sy altyd kon lag. Vir haarself, veral vir haarself, skryf ANASTASIA DE VRIES.

DIT sal weer kom, weet ek, daai dae waarop ek liewer in ’n bondeltjie op my kooi in my eie arms wil bly lê en huil. Dié tye stem ’n mens net al hoe meer tot droefheid. Maar vir nou, genadiglik, die klank van lag, onbevange soos ’n kind. Myne. Oor my eie onhebbelikhede. Oor dinge wat ineens onverklaarbaar snaaks geword het, al is dit net vir my. En al lag ek alleen.

Soos die eerste vergadering van die jaar. Begroting die enigste en belangrikste besprekingspunt. Eintlik ’n soort opleidingsessie. Ek moet konsentreer. Syfers is nie my sterk punt nie. Nie dat dit enigsins ’n punt tel as dit by my kom nie.

Ná byna 40 minute se getjommel kom ek einde ten laas uit my aantekeninge agter die opskrifte bo die 112 kolomme is misleidend, dat dit nie vra wat ons veronderstel is om in te vul nie. Ek maak my reg vir groet, toe kom dit: “I think I want to be contrarian ...”, kompleet met oordrewe rollende erre en geaspireerde klanke...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.