Soms moet ’n vrou doen wat ’n vrou moet doen

VRY VROU

Soms moet ’n vrou doen wat ’n vrou moet doen

ANASTASIA DE VRIES skryf oor M, wat haar man gelos en haar lewe teruggevat het, en oor goeie mans en dubbele standaarde.

DIS Vryheidsdag dié kant toe, en Menseregtedag dai kant en al wat ons nog allie jare doen, is huil oor die maan. En wag vir beter dae. Nee kyk, sy wat M is, is klaar met die dinge van ’n kind. Sy het kop gekry. A woman’s gotta do what a woman’s gotta do. En nou herleef sy in ’n piepklein woonstel met ’n kombuis, ’n badkamer, voorhuis, slaapkamer en ’n tuin so groot soos die styfgestylselde doillie op haar ma se display cabinet.

Ek ken daai doillie. En die display cabinet met die brêkkoppies waaraan geen mond nog geraak het nie. Elke vrou moet so ’n display in haar huis het, het haar ma altyd gesê wanneer ons ons sit en verkyk het aan die breekgoed agter glas. Ek het nie. M het een vir ’n trougeskenk gekry. Maar laat sy liewer praat. Ek het immers laas in Maart verlede jaar van haar gehoor. Vriende van hoërskool af. Ná universiteit aan en af, maar elke jaar dié tyd is niggie die een wat steeds op sulke hoë note “Veels geluk, liewe maatjie” kom sing.

Ek laat haar praat. Eintlik weet ek nooit wat om vir mense te sê in ’n tyd van verlies nie. En wat sê mens in elk geval? Jammer om te hoor van jou egskeiding? Baie geluk? “Dank die hemele vir suster Covid. Sy’t my heldersiende gekom maak. ’n Vry fokken vrou, soos in dai gedig van Antjie. Onthou jy hoe ons dai versreël in knalrooi letters oor ons rekenaarskerms laat dans het? Jy het joune later vervang met Biko se ‘I write what I like’. Antjie is terug op my skerm, van die dag in Oktober toe ek my menswaardigheid teruggevat het. Ek léwe weer. Ek is weer together.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.