Vistermanstories

REGTAGGE VARS VIS

Vistermanstories

ANASTASIA DE VRIES vertel van die vissermanne wat sukkel nou dat die see dood is. ‘Sy gie en gie en op ’n dag vat sy terug wat haarne is. Sy’s soes ’n vrou, die sie. Djy moet mooi met haa wêk,’ sê die man met die vuurhoutjie in ’n hoek van sy mond.

DIE sie is dood, sê die man met die vuurhoutjie in ’n hoek van sy mond. Die kaai is leeg, behalwe vir hom en twee ander wat op ’n muurtjie na die see sit en tuur. Hy, op sy hurke voor hulle, doen die praatwerk. Nee, daar is nie vis nie; die see is dood. Nee, hy weet nie wanneer daar weer sal wees nie. Elke dan en wan vat hulle nog die skuite uit in die hoop dat die vis dié keer sal byt, maar die see is nou al weke en weke droëbek. En soms, soos vandag, kom hy hier na die kaai waar hy weet hy iemand sal vind wat wil praat oor hoe ’n bakkie (skuitjie), swaarlyf van die vis, van ’n groter skuit of boot af oor die waters aangeroei kom land toe.

“Dan wiemel dié plek behoorlik vannie mense. Sê vi jou ma daas vis! Ennie prys is reg. Maa nou lêrrie skyre droeg. Die sie is dood. Ôs vistemanne lê nou maa op. Ôs wag. Soe ken ôs mossie sie. Sy gie en gie en op ’n dag vat sy terug wat haarne is. Sy’s soes ’n vrou, die sie. Djy moet mooi met haa wêk. Djy moetie te veel aan haa vroetel as sy nie mee krag het vi jou nie. Djy los haa yt as sy ytgelos wil wies. Maa djy bly naby haa tot sy wee op haa biene is. En lat ek nou vi jou een ding vertel wattie twie issie: as sy dan wee ytgooi, dan lóóp die vis, pappa. Hy loop!”

Dié weet hy al vandat hy ’n kind is. Soos sy pa en dié se pa voor hom. En soos hulle moes hy leer wanneer die see uitgelos wil word, is dit nie glorietyd vir die willie-werker of hollanger in hom nie. Daar is kinders wat moet eet en deur die skool moet kom. Kry werk vir jou hande, enige werk, solank jy nie by die huis loop sit en hollang nie, het hulle by hom ingedril...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.