Sy het haar antie Siv belowe sy sal na die hawelose vrou kyk wanneer Siv ouetehuis toe gaan. Haar gaan besoek. ’n Koekie seep vat en so. Dié vrou is nie een vir gesels nie, maar haar kyk sê alles. En dié dag kyk sy tot binne-in ANASTASIA DE VRIES se siel.
EK maak brekfis wat ek nie eet nie. Ek stap af see se kant toe. Dié keer is sy daar, op die stuk land tussen die polisie- en die poskantoor. Die vrou wat met haar oë praat. Gaan kyk darem so elke nou en dan of sy nog lewe, het Siv my uit die ouetehuis uit be-opdrag. En vat ’n eetding saam. ’n Koekie seep. Of Vaseline. Of sjampoe. Asseblief en dankie.
Sy kyk nie vir my toe ek groet en die sak in haar skoot neersit nie. Ek voel soos iemand wat ongenooid by ’n partytjie opgedaag het. Groet is nie ’n moet nie, maar teruggroet tog seker wel? Sy voel-voel aan die sak, sit twee vingers in haar mond en fluit, lank en uitgerek. Van oorkant die pad kom twee vroue aangehardloop. Sy haal die bord uit die sak, stapel die brekfis op drie snye brood en beduie met die oë vir een van die vroue om te bid. Met die laaste snytjie vee sy die bord blinkskoon en deel die brood in drie.
Straatmense werk ook..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
JAMMERKYKE
Die vrou wat met haar oë praat
Sy het haar antie Siv belowe sy sal na die hawelose vrou kyk wanneer Siv ouetehuis toe gaan. Haar gaan besoek. ’n Koekie seep vat en so. Dié vrou is nie een vir gesels nie, maar haar kyk sê alles. En dié dag kyk sy tot binne-in ANASTASIA DE VRIES se siel.
Deel
EK maak brekfis wat ek nie eet nie. Ek stap af see se kant toe. Dié keer is sy daar, op die stuk land tussen die polisie- en die poskantoor. Die vrou wat met haar oë praat. Gaan kyk darem so elke nou en dan of sy nog lewe, het Siv my uit die ouetehuis uit be-opdrag. En vat ’n eetding saam. ’n Koekie seep. Of Vaseline. Of sjampoe. Asseblief en dankie.
Sy kyk nie vir my toe ek groet en die sak in haar skoot neersit nie. Ek voel soos iemand wat ongenooid by ’n partytjie opgedaag het. Groet is nie ’n moet nie, maar teruggroet tog seker wel? Sy voel-voel aan die sak, sit twee vingers in haar mond en fluit, lank en uitgerek. Van oorkant die pad kom twee vroue aangehardloop. Sy haal die bord uit die sak, stapel die brekfis op drie snye brood en beduie met die oë vir een van die vroue om te bid. Met die laaste snytjie vee sy die bord blinkskoon en deel die brood in drie.
Straatmense werk ook..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelAnastasia de Vries
Bydraende redakteurAnastasia is dosent aan die Universiteit van Wes-Kaapland, skryf soms, haar hartsgrond is in Ravensmead se lane en sy is mateloos verlief op haar studente, veral die eerstejaars.