Seisoen van die Paradysvrug

SOET

Seisoen van die Paradysvrug

Die lewe is beter as die dood danksy perskes, het Alice Walker geskryf. MELVYN MINNAAR beaam dit in ’n ode aan Prunus persica.

DIE ewige paradysvrug: Prunus persica. Sensuele tekstuur van skil, vlees en enigmatiese pit. Aromas wat tussen jou vingers en neus opslaan wanneer jy die perske optel. Juis die broosheid herinner jou aan die seisoen, die verbygaande en die hemelse paradoks. Carpe diem dus. Gryp dit nou aan. Vergryp jou. Die somer snel verby.

Daar is ’n perskeboom ’n paar strate van my voordeur op die hoek van Belladonna-laan wat elke jaar op ’n goeie dag, soos die spreekwoordelike Bybelse bruid, skielik in spierwit getooi is. As jy vroegoggend voor die Kaapse Dokter wit oor Tafelberg begin trek onder verbyloop, kielie ’n fleurige parfuum jou. Maar die winter is dan kwalik verby. Hoe voorbarig en hoe ver kan die lente wees?

Maar dis daardie einste wilde wind, helaas, wat hierdie bella donna van ’n vasbytboom as  Duiwelspiek se ewig onvrugbare oujongnooi agterlaat. Perskebome en die woeste elemente van die weer is nie maats nie. Dis die verganklikheid in die DNS van die vrug, die boom, die boord. Delikaat in jou hande lê dit: eendag nog nie ryp nie en voor jy kyk, slonsig sag, oorryp, bloos gekneus, net die pithart wat verstard agterbly...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.