Dis verjaardagtyd op Kakamas

BOESMANLAND VAT MY HAND

Dis verjaardagtyd op Kakamas

Steeds aan die laag lê in Boesmanland tot die pandemie ophou platvee wat voorkom, leer ken MICHÈLE MEYER die waarde van ritmes en behoort. Sy deel haar dagboek in aflewering vier van die Kakamas-kronieke.

ROETINE, voorspelbaarheid en roosters kry my gou iesegrimmig. Vaste patrone wat te ingegroef raak, laat my spartel na uitkom, na meegee iewers in die strakheid.

Ons Pretorianer-pel Jaco Ackermann vrees ook eng drukgange. Hy was lank ’n wildbewaarder in ongewone bestemmings soos die Ivoorkus, Togo en Tanzanië. Ná meer as ses dekades is hy steeds ’n tevrede oujongkêrel. “Gelukkig getroud wees is seker ’n gawe, maar as hulle eers met reëltjies bodder, raak ek katvoet.”

My gunsteling-storie uit Jaco se moenie-my-organiseer-nie-koker, is die een van hoe hy desjare ’n hoogs hubare, aantreklike glansvrou gedate het (vir tien minute). “Die Donderdag bel sy my en dikteer wat sy alles gereël het vir die naweek. Ek moet Johannesburg toe, ons gaan by dié bekendes skemerkelkies drink voor aandete by dáái invloedrykes, Saterdag inloer by ’n trendy oggendmark, wie weet wat nog alles. Ek was verskriklik gespanne oor die voorskrifte, sy’t vasgeskop – dis die naweekplanne. Toe saaidstep ek daai skedule.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X