Nagblomme, moerige honde en kamers te huur in Ysterplaat

KOSMOPOLITAANS

Nagblomme, moerige honde en kamers te huur in Ysterplaat

Daar is twee Aspoestertjie-voorstede in Kaapstad net duskant Paardeneiland met Koebergweg as hul polsende hoofslagaar. Ysterplaat en Brooklyn het vir die joernalis HERMAN LATEGAN nog altyd vanweë hul randeierstatus ’n bekoring ingehou. Dit was nie die lugmagbasis wat hom geïnteresseer het nie, maar die inwoners. Hy het ná baie jare weer gaan besoek aflê.

IN die ou dae, toe ek nog 'n snuiter was, het ek altyd gehoor hoe sommige grootmense neerhalend oor Ysterplaat en Brooklyn gepraat het. “Armblankes,” het tannie Elfie altyd met haar neus in die lug gesê. “So arm soos Job,” het sy herhaal.

As tannie Elfie en haar vriende vertrek het, het ek vir my ma gevra wat is fout met arm wees. “Niks nie, my kind, niks nie. Hierdie is mense wat uit die platteland Kaap toe getrek het en hulle nou grênd hou.” Dit was die vroeë 1970’s.

“Vat my soontoe, ek wil gaan kyk,” het ek gevra. Maar my enkelouerma het nie ’n kar gehad nie en nie een van haar vriende wou my soontoe neem nie. “Ria, wat gaan aan met dié kind?” het hulle gevra. “Daar’s iets nie lekker nie.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.