Dít is vryheid: om vry van jouself te wees

ALKOHOLISME SOOS HAKIESDRAAD

Dít is vryheid: om vry van jouself te wees

Eendag lê hy op die vloer van ’n hool in Yeoville met ’n gebreekte bottelkop in die hand. Dit is die verhaal van Malvory Adams, bulletinskrywer by Afrikaanse TV-nuus op SABC2; sy verhaal van afrekening met die verlede. Deur ANASTASIA DE VRIES.

DALK was dit tóé al daar. Die onnoembare iets wat hom dié dag byna koud gelaat het toe antie Koekoe van Kraaifontein hom wou toevou in haar arms. Dis seker nie iets waaroor manne praat nie. Die vreemd wanhopige honger vir menswarmte ná sy ma se dood en antie Vettie, sy tweede ma, ’n jaar daarna. Maar dié dag, sy vriend se ma wat hom wil omhels en hy wat nie weet wat om met die sagte moment te doen nie.

Dalk was dit toe al daar. Die dinge waaroor ’n man nie maklik praat nie. Depressie. Gemoedsversteuring. Die slopende pyn wat jou dag ná dag minder mens laat voel. Ewig in ’n staat van wanhoop oor jy-wil-nie-weet-wat-nie. Jy besweer liewer jou pyn soos die manne voor jou en dié voor hulle. Al loop alkoholisme soos hakiesdraad deur jou stamboom. Want indoda ayikhali. ’n Man huil nie. Cowboys don’t cry.

En dan, dekades later, ver van jou geliefde Brootie (Breidbach buite King William’s Town in die Oos-Kaap) lê jy op die vloer van ’n hool in Yeoville met ’n gebreekte bottelkop in die hand terwyl die lewe bloederig uit hom stroom. Dit is sy verhaal, sê Malvory Adams, bulletinskrywer by Afrikaanse TV Nuus op SABC2, sy verhaal van afrekening met die verlede...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.