’n Rassis op die ashoop van die geskiedenis

H.F. VERWOERD

’n Rassis op die ashoop van die geskiedenis

In 1990 was daar planne in Afrikanergeledere om ’n monument vir Hendrik Verwoerd in Pretoria op te rig. In Vrye Weekblad van 20 Februarie daardie jaar is die vraag gevra: Hoe behoort ons Verwoerd te onthou? Watter rol het hy gespeel om Suid-Afrika in konflik en polarisasie te dompel, en hoe gaan die geskiedenis hom oordeel? Vriende, vyande en familie het onder meer vertel hoe hulle hom onthou. Hier is ’n stuk geskiedenis wat jy nie moet misloop nie.

HOEWEL daar voor 1948 verskeie segregasiewette bestaan het, was dit Verwoerd wat vanaf 1950 ’n nuwe ideologie geskep het, naamlik die ideologie van apartheid, sê Nic Olivier, oudparlementariër, oud-akademikus en navorser van die Demokratiese Party.

As destydse “verligte” professor in naturelle-administrasie aan die Universiteit van Stellenbosch het Olivier as bestuurslid van die Buro vir Rasse-aangeleenthede (Sabra) in die 1950's en 60's bitter met Verwoerd oor sy apartheidsideologie gebots.

“’n Ideologie is soos ’n geloof. Dit het sy eie beginsels. Die vraag was nie of iets goed of sleg was nie. Al wat belangrik was, was of dit in ooreenstemming met die apartheidsideologie was. Dit was vir Verwoerd genoeg,” sê Olivier...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.