Word wakker, ek sien ’n nuwe wêreld kom

WAKE UP

Word wakker, ek sien ’n nuwe wêreld kom

In die slegte ou dae het elke jong joernalis soos Hemingway gevoel, skryf DEBORAH STEINMAIR. ’n Korrespondent in die vreemde, vol cocktail-worsies, hormone, metafore en dop. Al wat nou oorbly, is nostalgie, en dis in elk geval verdag.

DIE landskap het verander, soos ’n droom waarin jy jou skielik, sonder verklaring, in ’n ander halfrond bevind, omring met vreemde plantegroei, ongure karakters en loeiende wind. Die nuwe normaal het sekere dinosourusse – wat lankal moes uitsterf – finaal nek omgedraai, soos groot bruilofte en familiesaamtrekke waar verlangse verwante jou vasdruk en sopperig soen.

Maar dit het ook grootliks ’n einde gemaak aan magiese, wonderskone dinge soos kunstefeeste met tente vol boekwurms en paradigmaverskuiwende teater in warm skoolsale. Volgepakte flieks met die reuk van popcorn en slush puppy. Groot boekbekendstellings. Onverwags, die streling van ’n vreemdeling se breë glimlag op straat. Dit behoort alles tot die verlede. Met verrimpelde, dorgewaste hande en gemasker loop ons draaie om mekaar.

Miskien is dit tyd om inryteaters te laat herleef. Sonder die lomp en kiemryke luidsprekers, natuurlik. Sosiaal gedistansieer sit elkeen in die veilige kapsule van sy voertuig. Natuurlik sal die kindertjies nooit weer voor die tyd in hul pajamas in die parkie onder die grootskerm gaan speel nie – die virus en sluipende pedofiele grom om elke draai...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X