TOE Angela van Bengale – eens 'n slaaf van Jan van Riebeeck – in 1720 sterf, was sy 'n baie ryk vrou.
Sy is oorspronlik in Indië tot slaaf gemaak en na Indonesië (destyds Batavië) verskeep voordat Van Bengale en haar drie kinders in 1656 op die Amersfoort na die Kaap geneem is. Daar het die skip se Nederlandse kaptein, Pieter Kemp, haar aan Van Riebeeck verkoop. Toe dié vyf jaar later verkas, verkoop hy haar weer – dié keer aan ene Abraham Gabbema. Sy is in 1666, met Gabbema se terugkeer na Nederland, vrygelaat en is met die vryburger Arnoldus Basson getroud. Van Bengale het sy eiendom geërf toe hy doodgaan en het die eerste vrou in Suid-Afrika geword wat grond besit het.
Met haar dood het Van Bengale, wat as knap sakevrou ontpop het ná haar vrylating, 14,000 gulde (sowat €150,000 of R24 miljoen in vandag se geldwaarde) aan haar kinders en kleinkinders in Suid-Afrika nagelaat. ..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.