Frieda Masilela se stokkie is suksesvol aangegee

NOU KAN SY WEGGESTUUR WORD

Frieda Masilela se stokkie is suksesvol aangegee

’n Jaar ná Frieda Masilela se afsterwe op die plaas Waaigras het haar seun aan JAN HORN die gelykenis van die lewe as ’n aflosresies vertel.

DIS nou ’n jaar ná Frieda Masilela se afsterwe hier op ons plaas, Waaigras. Ons word deur haar seun, Hendrik, genooi om die “wegstuur”-seremonie by te woon. Hendrik is ná die dood van sy pa, Gert, nou die hoof van die huis.

Volgens tradisie sal ’n grafsteen onthul word en Frieda se gees sal vrygestel word om by die voorgeslagte aan te sluit. So het Hendrik se pa, Gert, ook aan my verduidelik. As jy sterf, dan bly jy nog ’n jaar by die familie. Om toe te sien dat dinge reg gedoen word en om die familie kans te gee om te groet en gewoond te raak aan jou afsterwe.

Hendrik het die hele buurt vir die seremonie genooi. Wittes, swartes, moeilikheidmakers, bedonnerdes, vriendelikes, regs, links, vuurvreters, Engels,  Afrikaans, Ndebeles. Almal wat hier in, en om, die Krokodilrivier-natuurreservaat woon. Plus ook ’n paar skelms wat welbekend in die buurt is. Kortom, ’n goeie deursnit van Suid-Afrikaners...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.