Braai gerus voort, ek moet ’n staatsgreep gaan keer!

SPOOKSTORIES

Braai gerus voort, ek moet ’n staatsgreep gaan keer!

Agter die fasade van 'n stil bestaan op 'n plaas in KwaZulu-Natal was Nigel Morgan een van die bedrywigste karakters in die skaduwêreld van intelligensie-operateurs. ADRI KOTZÉ vertel in hierdie artikel, wat oorspronklik in die uitgawe van 12 April 2019 verskyn het, meer oor dié eksentrieke karakter wat in November verlede jaar oorlede is.

OP 'n grou laatwintersmiddag 'n paar weke gelede stop 'n Bentley voor die gotiese Church of the Immaculate Conception in 'n stil straat in Mayfair, Londen se eksklusiefste en duurste buurt. 'n Chauffeur help 'n bejaarde man in 'n beige jas uit die motor. Hy het 'n sagte vilthoed op sy kop en kon 'n karakter in 'n John le Carré-boek wees.

Die man skuifel die kerk binne, waar 'n groot groep mense – van hulle met militêr-stywe rûe en baie met gepoleerde adellike aksente – 'n gedenkdiens bywoon vir iemand wat in 'n hospitaal in Harrismith in die Vrystaat dood is.

Nigel Morgan was 64 jaar oud toe hy in November verlede jaar oorlede is. Hy was een van die bedrywigste geheime agente, of kom ons noem hom wat hy was, 'n spioen, in die skaduwêreld van intelligensie in Suider-Afrika. Dalk in die ganse Afrika...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.