Die aanval op die dorp Palma in die noorde van Mosambiek is 'n belangrike wending in Islamitiese insurgente se strategie, skryf ADRI KOTZÉ. Kenners waarsku dat dit 'n katastrofe vir die hele streek is.
'N VERDERE bloedige vlaag van aanvalle word in die noorde van Mosambiek verwag nadat insurgente meer as 80 voertuie, insluitend petroltenkers, gebuit het in die aanslag op die dorp Palma. Vermoedelik tot 1,000 mense is dood gelaat. Baie van hulle is onthoof. Die insurgente het ook waarskynlik geld bekom in aanvalle op drie internasionale banke en op 90 ton kos van die Wêreldvoedingsprogram beslag gelê, asook groot hoeveelhede voorrade gesteel uit winkels en huise. Hulle het vermoedelik nog wapens bekom en veral internasionaal “aansien" gekry as 'n terreurgroep.
Die Islamitiese staat (IS) het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar. Dit is die 46ste voorval in die noordelike Cabo Delgado-provinsie waarop hulle aanspraak maak.
“Dit [die aanval] is 'n katastrofe, die grootste katastrofe wat die streek nóg getref het," sê Johann Smith, 'n risiko-analis wat spesifiek fokus op die veiligheidsituasie in Mosambiek. “Ek dink nie die Mosambiekse regering of enigiemand besef hoe ernstig die implikasies is nie. Die insurgente is nou nog meer beweeglik as vantevore. Hier kom groot probleme." ..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
MOSAMBIEKSE REGERING ONKANT BETRAP
Mosambiek: Dis ’n slagting en daar kom nog
Die aanval op die dorp Palma in die noorde van Mosambiek is 'n belangrike wending in Islamitiese insurgente se strategie, skryf ADRI KOTZÉ. Kenners waarsku dat dit 'n katastrofe vir die hele streek is.
Deel
'N VERDERE bloedige vlaag van aanvalle word in die noorde van Mosambiek verwag nadat insurgente meer as 80 voertuie, insluitend petroltenkers, gebuit het in die aanslag op die dorp Palma. Vermoedelik tot 1,000 mense is dood gelaat. Baie van hulle is onthoof. Die insurgente het ook waarskynlik geld bekom in aanvalle op drie internasionale banke en op 90 ton kos van die Wêreldvoedingsprogram beslag gelê, asook groot hoeveelhede voorrade gesteel uit winkels en huise. Hulle het vermoedelik nog wapens bekom en veral internasionaal “aansien" gekry as 'n terreurgroep.
Die Islamitiese staat (IS) het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar. Dit is die 46ste voorval in die noordelike Cabo Delgado-provinsie waarop hulle aanspraak maak.
“Dit [die aanval] is 'n katastrofe, die grootste katastrofe wat die streek nóg getref het," sê Johann Smith, 'n risiko-analis wat spesifiek fokus op die veiligheidsituasie in Mosambiek. “Ek dink nie die Mosambiekse regering of enigiemand besef hoe ernstig die implikasies is nie. Die insurgente is nou nog meer beweeglik as vantevore. Hier kom groot probleme." ..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Adri Kotzé
JoernalisAdri Kotzé is 'n vryskutjoernalis in Londen. Sy was tot Julie 2021 adjunkredakteur van Vrye Weekblad en het al onder meer vir die Bhekisisa Centre for Health Journalism, Carte Blanche, Rapport, Special Assignment en Beeld gewerk.