’n Verhaal wat kronkel verby diamante en ANC-konneksies tot by ...

DIE SLAG VAN BANGUI

’n Verhaal wat kronkel verby diamante en ANC-konneksies tot by SA lyke in die stof

Agt jaar nadat 15 Suid-Afrikaanse soldate in en ná 'n hewige stryd met rebelle in die hart van Afrika dood is, weet hulle weduwees en familielede steeds nie waarom dié lede van ons spesmagte soontoe gestuur is of hoekom hulle aan hul eie lot oorgelaat is nie. 'n Nuwe boek, The Battle of Bangui: The inside story of South Africa’s worst military scandal since apartheid, werp meer lig op dié rampspoedige ontplooiing, asook die verstommende verhaal van uraan- en diamantkonsessies wat aan maatskappye met ANC-bande toegestaan is. ADRI KOTZÉ doen verslag.

IN Bangui, het die bebaarde rebellebevelvoerder met 'n veraf kyk gesê, lê die diamante gesaai op die grond, jy kan die blink klippies sommer by die handevol optel. Onder die krat waarop hy langs die vuur gesit het, het die bierblikke begin opstapel, en daarmee saam het sy tong al hoe losser en sy uitsprake meer vergesog geraak in die dik donkerte wat aan die einde van elke dag so plotseling oor die ewenaar neersak. 

Bangui, die hoofstad van die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR), was sowat 200 km noord al langs die Ubangirivier van waar ons in die Dongo-gebied in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) in 'n rebellekamp in die reënwoud gesit het. Dit was Oktober 2000, en ek en kameraman Mzwandile Njokwana was in die DRK om 'n dokumentêre program vir die SAUK se Special Assignment te maak oor die rebellegroepe wat geveg het teen die regeringsmagte van Laurent-Désiré Kabila, destyds die president.

Vir die bevelvoerder langs die vuur was die waan van maklike geld in die naburige Bangui 'n ontsnaproete, weg van die oorlog waar 'n malariamuskiet of 'n vyandige mortier ewe maklik jou einde kon beteken as jou eie skietlustige troepe. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.