TER versagting moet ons sê dis nie sommer hierjy-muurpapier wat Wallpaper-gate afgeskop het nie. Nee, dis 'n goue (vermoedelik die kleur en nie die edelmetaal nie) weergawe van so R17,000 'n rol, ontwerp deur 'n binnenshuise versierder wat graag koloniale sjiek soos maharadja-borsbeelde gebruik om ryk Britte se aan-af liefdesverhouding met botsende ouma-blombont dekor op te kikker.
Vir 'n man wat op 'n kol gesê het koningin Elizabeth hou van die Statebond deels omdat dit haar voorsien van “regular cheering crowds of flag-waving piccaninnies" en na Afrika as “daardie land" verwys het, kan 'n mens insien hoe dié flambojante voorkoms sou kon werk in sy vierslaapkamerwoonstel in Londen.
Dit sit ook nie in enigeen se broek om goue muurpapier, 'n rusbank met materiaal oorgetrek van by die R200,000, 'n leunstoel van R116,000 en 'n tafel van R60,000 aan te skaf as jy 'n woelige peuter en vooruitsigte van pampoenspatsels en suur melk het nie. Veral as jy lankal kla dat jy nie geld het nie.*..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.